Pittsburgh Pirates

Kenteken op die Pirates se bofbalpet.

Die Pittsburgh Pirates[1] (noemname: Bucs, Buccos en The Lumber Company) is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat gebaseer is in Pittsburgh, Pennsilvanië. Die Pirates ding mee in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Nasionale Liga (NL) se Sentrale Divisie (NL-Sentraal). Die span is gestig in 1881 onder die naam Pittsburgh Alleghenys as deel van die American Association. Die span het in 1887 aangesluit by die Nasionale Liga en was van 1969 tot 1993 'n lid van die NL-Oos. Die Pirates het vyf Wêreldreekskampioenskappe, nege Nasionale Liga-wimpels en nege NL-Oos divisietitels gewen, en drie verskynings gemaak in 'n "Wild Card"-wedstryd. Die Pirates se huidige kleure is swart, goud en wit.[2][3][4]

Die Pirates was een van die beste bofbalspanne aan die begin van die 20ste eeu, en het in 1903 in die eerste Wêreldreeks gespeel en hul eerste titel in 1909 gewen saam met Honus Wagner. Die Pirates het deelgeneem aan wat waarskynlik tot op hede die opwindendste einde aan 'n Wêreldreeks was, toe hulle 1960-Wêreldreeks teen die New York Yankees gewen het met Bill Mazeroski se afstap-tuislopie ("walk-off home run"). Dit was die enigste keer dat Wedstryd-7 van die Wêreldreeks met 'n tuislopie ("home run") geëindig het. Die Pirates kon eers weer in 1971 sukses smaak onder Roberto Clemente, (wat die eerste Latyns-Amerikaner was wat in die Nasionale Bofbal Eregalery opgeneem is) en daarna in 1979 onder leiding van Willie Stargell.

Sedert hul laaste Wêreldreeksoorwinning in 1979 het die Pirates grootliks 'n sukkelbestaan deurgemaak. Sedertdien het die span slegs elf wenseisoene, ses naseisoense verskynings en drie divisietitels beklink, en slegs een keer na die naseisoen gevorder met 'n oorwinning in die 2013 Nasionale Liga Wild Card-wedstryd. Die Pirates het ook 'n verloorrekord (meer wedstryde gedurende die 163-wedstryd-seisoen verloor as gewen) in 20 opeenvolgende seisoene gehad vanaf 1993 tot 2012, 'n rekord in beide Hoofligabofbal en die vier groot Noord-Amerikaanse professionele sportligas.[5] Die Pirates het die vyfde-langste Wêreldkampioenskapsdroogte, die langste wimpel-droogte in die Nasionale Liga[6] en die langste Ligakampioenskapsreeks- en Divisiekampioenskapsreeks droogte in bofbal. Die Pirates se rekord van 1882 tot 2023 is: 10,763 wedstryde gewen, 10,733 wedstryde verloor en 140 wedstryde gelykop gespeel. ('n wenpersentasie van .501).[7]

Daar word ook dikwels na die Pirates verwys as die "Bucs" of die "Buccos" (afgelei van die Engelse "buccaneer", 'n sinoniem vir "pirate"). Die span speel sedert 2001 sy tuiswedstryde by PNC Park, 'n 39 000-sitplek stadion langs die Allegheny-rivier in Pittsburgh se "North Side". Die Pirates het voorheen by Forbes Field (van 1909 tot 1970) en by Three Rivers-stadion (van 1970 tot 2000) gespeel. Die Pirates se kleure is sedert 1948 swart, goud en wit, gebaseer van die vlag van Pittsburgh. Die ander groot professionele sportspanne in Pittsburgh, die Pittsburgh Steelers en die Pittsburgh Penguins, dra ook die kleure.

  1. In die verlede ook amptelik bekend as die Pittsburgh Alleghenys (1887–1890) en die Allegheny (1882–1886).
  2. "Pirates Uniforms and Logos". Pirates.com. MLB Advanced Media. Besoek op 22 Junie 2019. 1948: The team replaced the traditional blue and red with the present day black and gold.
  3. Berry, Adam (8 Januarie 2021). "Why Pittsburgh's teams wear black and gold". Pirates.com. MLB Advanced Media. Besoek op 11 Januarie 2021.
  4. Castrovince, Anthony (17 Mei 2019). "Players poll: Who has MLB's best uniforms?". MLB.com. MLB Advanced Media. Besoek op 22 Junie 2019. The Steel City's steadiness in team tints is something to be celebrated. Be it on the ice at PPG Paints Arena, on the gridiron at Heinz Field or within the picture-perfect confines of PNC Park, Pittsburgh is bathed in black and gold. And because even the most garish styles tend to go and come around again, the bumblebee yellow jerseys, striped black pants and pillbox-style hats of the 1970s made a recent return as the go-to Sunday throwbacks.
  5. "Most consecutive Major League Baseball losing seasons, team". GuinnessWorldRecords.com. 24 Desember 2012. Besoek op 10 Februarie 2022.
  6. "World Series and MLB Playoffs".
  7. "Pittsburgh Pirates Team History & Encyclopedia". Baseball-Reference.com (in Engels). Besoek op 11 November 2020.

Developed by StudentB